Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 16:13-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Kinders van Israel, God se kneg, afstammelinge van Jakob, God se verkore een!

14. Hy is die Here ons God.Sy heerskappy is oor die hele aarde.

15. Hy staan by sy verbond –sy belofte aan duisend geslagte.

16. Dit is sy verbondwat Hy met Abraham gesluit het,die eed wat Hy aan Isak gesweer het.

17. Hy het dit aan Jakob as insetting bevestig,aan Israel as ’n verbond vir altyd:

18. “Ek gee julle die land Kanaän as julle eiendom en erfdeel.”

19. Hy het dit gesê toe hulle min was in getal, ’n klein groepie vreemdelinge.

20. Hulle het rondgetrek tussen nasies, van een koninkryk na die ander.

21. Hy het nie toegelaat dat iemand hulle verdruk nie.Hy het konings oor hulle gewaarsku:

22. “Moenie vat aan my gesalfdes nie,moenie my profete beseer nie.”

23. Laat almal vir die Here sing!Vertel elke dag dat Hy red.

24. Vertel vir die nasies van Hom.Vertel almal van sy wonderdade.

25. Want die Here is groot,waardig om geprys te word!Bo al die gode moet Hy geëer word.

26. Die gode van die volke is maar net afgode, maar die Herehet die hemel gemaak!

27. Eer en heerskappy omring Hom,krag en vreugde is in sy woonplek.

28. Gee aan die Here, families van die volke,gee aan die Hereeer en krag.

29. Gee aan die Heredie eer wat Hom toekom!Bring jou offers en aanbid Hom.Aanbid die Herein sy heilige heerlikheid.

30. Laat die aarde voor Hom bewe.Die wêreld is gevestig en kan nie wankel nie.

31. Laat die hemel bly weesen die aarde juig!Sê vir die volke: Die Here is Koning.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 16