Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 15:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Dawid het verskillende geboue vir homself in die Stad van Dawid gebou. Hy het ook ’n plek gereed gekry vir die ark van God. Hy het ’n spesiale tent daarvoor opgeslaan.

2. Daarna het Dawid die volgende instruksies gegee: “Wanneer ons die ark van God dié keer vervoer, mag niemand behalwe die Leviete dit dra nie. Die Here het hulle gekies om die ark van die Here te dra en Hom vir altyd te bedien.”

3. Dawid het toe die hele Israel in Jerusalem laat bymekaarkom om die ark van die Here na die plek te bring wat hy daarvoor gereedgemaak het.

4. Hierdie is die priesters en Leviete wat saamgeroep is:

5. Daar was 120 van die Kehatgroep, met Uriël as hulle leier.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 15