Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 20:34-43 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

34. Ben-Hadad sê vir hom: “Ek sal al die dorpe wat my pa van jou pa afgevat het, teruggee. Jy kan ook ’n handelsbuurt in Damaskus inrig soos my pa in Samaria gedoen het.”Agab sê toe: “As jy ’n ooreenkoms met my sluit, sal ek jou vrylaat.” Hulle het toe ’n ooreenkoms aangegaan en hy het Ben-Hadad laat gaan.

35. In opdrag van die Here het een profeet vir ’n ander een gesê: “Slaan my!” Maar die man het geweier om dit te doen.

36. Toe sê die profeet vir hom: “Kyk, omdat jy ongehoorsaam was aan die woord van die Here sal ’n leeu jou doodmaak sodra jy van my af weggaan.” Toe hy weggaan, het ’n leeu hom dan ook teëgekom en hom verskeur.

37. Daarna gaan die profeet na iemand anders en sê: “Slaan my!” Hy het so gemaak, hom geslaan en selfs verwond.

38. Die profeet het ’n verband oor sy oë gedraai om homself te vermom en langs die pad die koning ingewag.

39. Toe die koning verbykom, roep die profeet na hom en sê: “My heer, terwyl ek in die geveg was, bring iemand ’n gevangene na my toe. Hy het gesê: ‘Pas hierdie man op. As hy om enige rede ontsnap, sal jy vir hom moet instaan of ’n boete van 30 kilogram silwer betaal.’

40. Maar terwyl ek met iets anders besig was, het die gevangene weggekom!”“Nou, dan is dit jou fout,” antwoord die koning van Israel. “Jy het die oordeel oor jouself gebring.”

41. Toe ruk die profeet die verband van sy oë af en die koning het hom as een van die profete herken.

42. Die profeet sê vir hom: “Dit is wat die Here sê: ‘Jy het die lewe gespaar van die man wie se lewe Ek geëis het. Daarom sal jy in sy plek sterf en jou volk in die plek van sy volk.’”

43. Die koning van Israel het bedruk en woedend na sy huis toe gegaan en in Samaria aangekom.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 20