Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 17:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Elia die Tisbiet het hom tydelik in Gilead gevestig. Hy het vir Agab gesê: “So seker as wat die Here die God van Israel leef, die God wat ek dien, in die volgende aantal jare sal daar geen dou of reën val nie behalwe wanneer ek so sê.”

2. Toe sê die Here vir Elia:

3. “Gaan ooswaarts van hier en kruip weg by die Kritspruit, net anderkant die Jordaanrivier.

4. Jy kan uit die spruit water drink en Ek sal die kraaie beveel om vir jou kos te bring.”

5. Elia het gemaak soos die Here hom beveel het en by Kritspruit anderkant die Jordaanrivier gaan wegkruip.

6. Die kraaie het soggens en saans vir hom brood en vleis gebring, en hy het water uit die spruit gedrink.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 17