Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 3:7-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Party sal egter nog bly sê: “Maar hoe kan God my nog steeds as ’n sondaar veroordeel as my oneerlikheid juis sý waaragtigheid oorvloedig laat blyk en tot sy verheerliking dien?”

8. Volgens hierdie absurde redenasie sou ons moes sê: “Kom ons doen die slegte sodat die goeie daaruit kan voortkom!” Dié wat sulke onsin verkondig, verdien tereg God se oordeel – en tog belaster sommige mense my deur te beweer dis presies wat ek preek!

9. Waarop kom dit neer? Dat ons wat Jode is, voor God beter is as ander? Hoegenaamd nie! Ons het immers reeds duidelik aangetoon dat die Jode sowel as die nie-Jode almal onder die mag van die sonde verkeer.

10. Dit is soos die Skrif sê:“Niemand is goed nie –selfs nie een nie.

11. Daar is nie een watverstandig is nie;niemand wat ernstigna God soek nie.

12. Almal het hulle rug op God gekeer;almal het sleg geword.Daar is niemand wat die goeie doen nie –selfs nie een nie.”

13. “Hulle keel is soos’n geopende graf. Met hulle tonge pleeg hulle bedrog.”“Die gif van dodelike slangedrup van hulle lippe.”

14. “Hulle monde is vol vervloekingen bitterheid.”

15. “Hulle is haastig om moord te pleeg.

16. Oral waar hulle gaan, laat hulle verwoestingen ellende agter.

17. Hulle weet nie waar ware vrede lê nie.”

Lees volledige hoofstuk Romeine 3