Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 16:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Ons suster Febe sal julle binnekort besoek. Ek beveel haar sterk by julle aan. Sy doen dienswerk in die gemeente van Kengreë.

2. Ontvang haar by julle op ’n manier wat by Christene pas. Wees vir haar beskikbaar en help haar in alles wat sy dalk nodig kry. Sy is ’n staatmaker wat al baie gelowiges ondersteun het – ook vir my.

3. Groete vir Priscilla en Akwila. Hulle was my medewerkers in Christus Jesus se diens.

4. Wat meer is, hulle het hulle lewens vir my op die spel geplaas. Dis nie net ek wat hulle dankbaar bly nie, maar ook al die gemeentes onder die nie-Joodse nasies.

Lees volledige hoofstuk Romeine 16