Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 15:26-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

26. Julle sien, die gelowiges in Griekeland het op die goeie gedagte gekom om geld in te samel vir die armes onder die gelowiges in Jerusalem.

27. Hulle het dit gedoen onder die besef dat hulle so baie aan daardie gelowiges verskuldig is. Omdat die Joodse gelowiges bereid was om soveel geestelike seëninge met die nie-Joodse nasies te deel, is die minste wat hulle kan doen om die Joodse gelowiges met materiële dinge te help.

28. As ek dit dan afgehandel het en alles rondom hierdie insameling veilig afgerond het, wil ek by julle langs na Spanje toe reis.

29. As ek na julle toe kom – dit weet ek vir seker – sal Christus vir my ’n ryke seën gee om vir julle te bring.

30. Broers en susters, in die Naam van ons Here Jesus Christus en omdat die Heilige Gees ons in liefde saambind, smeek ek julle dringend:

31. Worstel saam met my op julle knieë voor God dat Hy my sal red uit die hande van die ongelowige Jode in Jerusalem en dat die gelowiges daar positief sal wees oor die kollekte wat ek vir hulle bring.

32. Dan sal ek, as God wil, vol blydskap na julle toe kom om julle teenwoordigheid te geniet en uit te rus.

33. Mag God, wat aan ons sy vrede gee, met julle almal wees. Amen.

Lees volledige hoofstuk Romeine 15