Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 11:25-34 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

25. Ek wil graag aan julle ’n geheim vertel, broers en susters, wat God aan my bekendgemaak het. Ek doen dit om te voorkom dat julle te slim in julle eie oë word. Dit gaan daaroor dat die verharding net vir ’n beperkte tyd oor Israel gekom het totdat die volle getal uit die nie-Joodse nasies onder die koningsheerskappy van God gekom het.

26. En so sal die hele Israel verlos word. Daar staan mos in die Skrif:“’n Redder sal uit Jerusalem kom,en Hy sal Israel se goddeloosheidvan hom verwyder.

27. En dan sal Ek hierdie verbond met hulle sluitwanneer Ek hulle sondes wegneem.”

28. Hulle is op die oomblik wel vyande van die Goeie Nuus, maar dit kom julle ten goede omdat God sy gawes nou aan julle geskenk het. Tog is hulle, wat God se uitverkiesing betref, nog steeds geliefdes van God – Hy het immers sy beloftes aan die aartsvaders gegee

29. en sy gawes en roeping staan onherroeplik vas.

30. Voorheen was julle aan God ongehoorsaam, maar as gevolg van die ongehoorsaamheid van die Jode het julle in die huidige tyd ontferming ontvang.

31. Net so sal die ongehoorsaamheid van sommige van julle aan God se ontferming weer daartoe lei dat die Jode opnuut ontferming sal ontvang.

32. God sluit alle nasies in die ongehoorsaamheid in sodat Hy Hom oor almal kan ontferm.

33. Hoe ongelooflik wonderlik is God nie – hoe ontsaglik ryk en wys en vol kennis is Hy nie! Sy beslissings gaan ons begrip te bowe; sy manier van doen kan ons nie deurvors nie.

34. Wie van ons kan regtig verstaanhoe God dink?Of wie sou as sy raadgewer kon optree?

Lees volledige hoofstuk Romeine 11