Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 20:7-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Wanneer die 1 000 jaar om is, sal Satan uit sy tronk losgelaat word.

8. Hy sal dan daarop uit wees om die nasies tussen die vier hoeke van die aarde, die Gog en Magog, te verlei en om hulle te monster vir die oorlog. Getallegewys is hulle so baie soos die sand van die see.

9. Hulle het toe van oor die hele breedte van die aarde af opgetrek en die laer van hulle wat aan God toegewy is, en die geliefde stad omsingel. Daar het egter vuur van die hemel af op hulle afgekom en hulle verteer.

10. Satan wat hulle verlei het, is daarop in die poel van vuur en swael gegooi, daar waar die monster en die vals profeet ook reeds is. Daar sal hulle dag en nag vir altyd gefolter word.

11. Ek het toe ’n groot wit troon gesien en Iemand wat daarop sit. Die aarde en die hemel het van Hom af weggevlug, en daar was nie meer wegkruipplek vir hulle oor nie.

12. Ek het ook die dooies, groot en klein, voor die troon sien staan. Daarna is die boekrolle oopgemaak. Daar is ook ’n ander boekrol oopgemaak, dit is die Boekrol van die Lewe. Die dooies is geoordeel volgens wat opgeskryf staan oor wat hulle gedoen het.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 20