Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 19:8-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Sy is toegelaat om fyn, helder skoon linne aan te trek.”Die fyn linneklere is die regverdige dade van hulle wat aan God toegewy is.

9. Die engel het toe vir my gesê: “Skryf: Geseënd is hulle wat na die bruilofsfees van die Lam uitgenooi is.” Hy sê toe ook aan my: “Die woorde wat van God af kom, is betroubaar.”

10. Toe het ek voor sy voete neergeval om hom te aanbid. Hy sê egter vir my: “Oppas, moenie! Ek is net jou mededienskneg, en van al jou medegelowiges wat getuienis van hulle geloof in Jesus gelewer het. Buig neer in aanbidding voor God! Die kern van die profesie is inderdaad om van Jesus te getuig.”

11. Toe het ek gesien die hemel is oopgemaak. En kyk! Daar verskyn ’n wit perd. Sy Ruiter word die Getroue en Betroubare genoem. Hy oordeel op ’n regverdige manier en voer ook só oorlog.

12. Sy oë was soos ’n vuurvlam, en op sy kop was daar baie heerserskrone. Op Hom was ’n Naam geskryf wat niemand anders as net Hyself geken het nie.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 19