Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 19:1-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Hierna het ek iets gehoor soos die magtige lied van ’n groot skare in die hemel wat sing:“Halleluja!Die verlossing, die heerlikheiden die kragbehoort aan ons God!

2. Betroubaar en regverdigis sy oordele,want Hy het die oordeel voltrekoor die groot prostituutwat die aarde met haarseksuele wanpraktykebesoedel het.Hy het die bloed van sydiensknegte wat sy laat vloei het,gewreek.”

3. ’n Tweede keer het hulle uitgeroep:“Halleluja!Die rook van die stadstyg boontoe vir altyd.”

4. Die 24 ouderlinge en die vier lewende wesens het neergeval in aanbidding voor God wat op die troon sit terwyl hulle aanhou sê:“Amen! Halleluja!”

5. Van die troon se kant af het ’n stem opgeklink wat sê:“Loof ons God, al sy diensknegte,dié wat Hom met ontsag bejeën,klein en groot!”

6. Ek het toe iets gehoor soos die geluid van ’n baie groot skare, soos die gedruis van baie waterstrome en soos die gerammel van swaar donderweer. Hulle het aanhou uitroep:“Halleluja!Die Here heers as koning,ons God, die Almagtige,

7. laat ons juig en jubelen aan Hom eer betoon,want die tyd het aangebreekvir die bruilof van die Lam,en sy bruid het haarselfdaarop voorberei.

8. Sy is toegelaat om fyn, helder skoon linne aan te trek.”Die fyn linneklere is die regverdige dade van hulle wat aan God toegewy is.

9. Die engel het toe vir my gesê: “Skryf: Geseënd is hulle wat na die bruilofsfees van die Lam uitgenooi is.” Hy sê toe ook aan my: “Die woorde wat van God af kom, is betroubaar.”

10. Toe het ek voor sy voete neergeval om hom te aanbid. Hy sê egter vir my: “Oppas, moenie! Ek is net jou mededienskneg, en van al jou medegelowiges wat getuienis van hulle geloof in Jesus gelewer het. Buig neer in aanbidding voor God! Die kern van die profesie is inderdaad om van Jesus te getuig.”

Lees volledige hoofstuk Openbaring 19