Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 18:19-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. Hulle het toe stof op hulle koppe gestrooi en dit uitgeskreeu. Huilend en in rou gedompel, het hulle aanhou sê:“Hoe vreeslik, hoe vreeslikis dit tog vir die groot stad!Almal wat skepe besit op die see,het hulle verryk uit haar bates.In een enkele uur is sy verwoes.”

20. Wees uitgelate oor haar val, hemel, en julle wat aan God gewy is, apostels en profete! God het die oordeel wat julle uitgespreek het, inderdaad oor haar gebring.

21. Toe het ’n baie sterk engel ’n yslike rots, so groot soos ’n maalklip, gevat en dit in die see gegooi en gesê:“Net so gewelddadig sal neergegooi wordBabilon, die groot stad, en niemand sal dit ooit weer vind nie.

22. Die geluid van siterspelers en sangers, van fluitspelers en trompetblasers sal nooit weer in jou gehoor word nie. Geen ambagsman, van watter ambag ook al, sal ooit weer in jou gevind word nie. Die geluid van ’n meule sal nooit weer in jou gehoor word nie.

23. Die lig van ’n lamp sal nooit weer in jou skyn nie. Die stem van ’n bruidegom en bruid sal nooit weer in jou gehoor word nie. Jou handelaars was die magnate van hierdie aarde, want deur jou bedrieëry het hulle al die nasies om die bos gelei.”

24. In Babilon se strate is die bloed van die profete gevind, en van hulle wat aan God toegewy is, ja, almal wat op die aarde doodgemaak is.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 18