Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 18:10-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Omdat haar pyniging hulle die skrik op die lyf jaag, sal hulle ver weg gaan staan terwyl hulle sê:“Hoe vreeslik, hoe vreeslikis dit tog vir die groot stad Babilon,die magtige stad!Binne een uurhet die oordeel jou getref!”

11. Die handelaars van die aarde huil en rou oor haar omdat niemand meer hulle vragte goed koop nie:

12. vragte goud en silwer, kosbare stene en pêrels, fyn pers klerasie en bloedrooi sy, elke soort hout, elke ivoorvoorwerp, elke kosbare voorwerp van hout, koper of yster of marmer,

13. kaneel en speserye, wierook, reukolie en reukwater, wyn en olyfolie, meel en koring, beeste en skape, perde, rytuie en slawe – sy het selfs met menselewens gesmous.

14. Hulle sê:“Hierdie luukse waarna jyin jou diepste binneste gesmag het,is jou nou ontneem.Al die weelderige en blink dingeis nou vir jou verloreen hulle sal dit nêrensen nooit weer vind nie.”

15. Die handelaars van hierdie dinge wat hulleself deur haar verryk het, sal op ’n afstand gaan staan, omdat hulle bang is vir die foltering wat sy deurgaan. Hulle sal huil en rou

16. terwyl hulle sê:“Hoe vreeslik, hoe vreeslikis dit tog vir die groot stad,uitgevat in fyn linneklere,pers en bloedrooi,en opgesmuk met goud,kosbare stene en pêrels.

17. In een enkele uuris soveel rykdom uitgewis!”Elke stuurman en elkeen wat per skip iewers heen vaar, die matrose en almal wat van die see afhanklik is, het op ’n afstand gaan staan,

18. en hulle het geskreeu toe hulle die rook van haar verbranding sien. Hulle het gesê: “Watter stad was soos dié groot stad?”

19. Hulle het toe stof op hulle koppe gestrooi en dit uitgeskreeu. Huilend en in rou gedompel, het hulle aanhou sê:“Hoe vreeslik, hoe vreeslikis dit tog vir die groot stad!Almal wat skepe besit op die see,het hulle verryk uit haar bates.In een enkele uur is sy verwoes.”

20. Wees uitgelate oor haar val, hemel, en julle wat aan God gewy is, apostels en profete! God het die oordeel wat julle uitgespreek het, inderdaad oor haar gebring.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 18