Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 18:31-35 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

31. “Toe sy medeamptenare sien wat gebeur het, was hulle uitermate ontsteld. Hulle het alles wat gebeur het toe aan die koning gaan vertel.

32. Daarop het die koning daardie man laat roep en vir hom gesê: ‘Jou ellendige vent! Toe jy my gesoebat het, het ek vir jou al jou skuld afgeskryf.

33. Moes jy jou nie ook oor jou medeamptenaar ontferm het soos ek my oor jou ontferm het nie?’

34. Woedend het die koning hom toe oorgegee aan die folteraars om elke sent uit hom te pers totdat hy al sy skuld betaal het.

35. “So sal my hemelse Vader ook met julle maak as julle weier om julle medegelowiges met julle hele hart te vergewe.”

Lees volledige hoofstuk Matteus 18