Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 18:25-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

25. Toe hy dit nie kon bybring nie, gee die koning opdrag dat hy, sy vrou en sy kinders en al sy besittings verkoop moet word om sy skuld te betaal.

26. Hy val toe voor die koning neer en smeek hom: ‘Gee my kans, ek sal alles aan u terugbetaal.’

27. Daarop het die koning hom innig jammer gekry. Hy het hom laat gaan en sy skuld afgeskryf.

28. “Toe die amptenaar daarvandaan weggaan, loop hy egter een van sy medeamptenare raak wat hom net ’n paar rand geskuld het. Hy gryp hom toe aan die keel en sê: ‘Betaal jou skuld!’

29. Sy medeamptenaar val toe voor hom neer en smeek hom: ‘Gee my kans, ek sal alles aan jou terugbetaal.’

30. Maar daarvan wou sy skuldeiser nie hoor nie. Hy is daar weg en het hom in die tronk laat gooi, waar hy sou moes bly totdat hy al sy skuld afbetaal het.

31. “Toe sy medeamptenare sien wat gebeur het, was hulle uitermate ontsteld. Hulle het alles wat gebeur het toe aan die koning gaan vertel.

Lees volledige hoofstuk Matteus 18