Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 18:21-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. Daarop kom vra Petrus Hom: “Here, hoeveel maal moet ek ’n medegelowige vergewe wat iets verkeerds teen my gedoen het? Selfs tot sewe maal toe?”

22. “Nee,” verseker Jesus hom, “nie tot sewe maal toe nie, maar tot 70 maal sewe toe!

23. “Om hierdie rede kan God se koningsheerskappy vergelyk word met ’n koning wat besluit het om na te gaan wat sy amptenare hom skuld.

24. Skaars het die ondersoek begin of een word na hom toe gebring wat hom miljoene rande skuld.

25. Toe hy dit nie kon bybring nie, gee die koning opdrag dat hy, sy vrou en sy kinders en al sy besittings verkoop moet word om sy skuld te betaal.

26. Hy val toe voor die koning neer en smeek hom: ‘Gee my kans, ek sal alles aan u terugbetaal.’

27. Daarop het die koning hom innig jammer gekry. Hy het hom laat gaan en sy skuld afgeskryf.

28. “Toe die amptenaar daarvandaan weggaan, loop hy egter een van sy medeamptenare raak wat hom net ’n paar rand geskuld het. Hy gryp hom toe aan die keel en sê: ‘Betaal jou skuld!’

29. Sy medeamptenaar val toe voor hom neer en smeek hom: ‘Gee my kans, ek sal alles aan jou terugbetaal.’

Lees volledige hoofstuk Matteus 18