Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 15:22-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

22. ’n Nie-Joodse vrou uit daardie omgewing het na Hom toe gekom en aanhou smeek: “Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor my! My dogter is in die mag van ’n duiwel en hy teister haar verskriklik.”

23. Maar Hy het Hom heeltemal doof gehou vir haar. Sy dissipels kom vra Hom toe: “Stuur haar tog weg. Sy hou nie op met tekere gaan al agter ons aan nie.”

24. Hy antwoord hulle: “Ek is net gestuur na die afgedwaalde skape van die volk van Israel.”

25. Sy kom val toe voor Hom neer en sê: “Here, help my tog, asseblief!”

26. Maar Hy antwoord haar: “Dis glad nie reg om die kinders se kos weg te vat en dit vir die huishondjies te gooi nie.”

27. Sy het daarop gereageer: “Dit is so, Here, maar selfs die huishondjies eet tog darem van die krummels wat van hulle base se tafel afval.”

28. Daarop antwoord Jesus haar: “Vrou, jou geloof is baie sterk. Jou versoek word toegestaan.” En haar dogter het dadelik gesond geword.

29. Jesus het daarvandaan vertrek en weer by die See van Galilea aangekom. Hy het toe teen ’n heuwel uitgeklim en daar gaan sit.

Lees volledige hoofstuk Matteus 15