Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 15:19-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. Wat uit die hart kom, is slegte gedagtes, soos om moord te pleeg, ontrou te wees in die huwelik, onsedelikheid te bedryf, te steel, leuens te vertel en mense te belaster.

20. Dit is hierdie dinge wat jou onrein maak. Om met ongewaste hande te eet, sal jou nooit onrein en onaanvaarbaar voor God maak nie.”

21. Jesus het van Galilea noordwaarts vertrek na die gebied van Tirus en Sidon.

22. ’n Nie-Joodse vrou uit daardie omgewing het na Hom toe gekom en aanhou smeek: “Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor my! My dogter is in die mag van ’n duiwel en hy teister haar verskriklik.”

23. Maar Hy het Hom heeltemal doof gehou vir haar. Sy dissipels kom vra Hom toe: “Stuur haar tog weg. Sy hou nie op met tekere gaan al agter ons aan nie.”

24. Hy antwoord hulle: “Ek is net gestuur na die afgedwaalde skape van die volk van Israel.”

Lees volledige hoofstuk Matteus 15