Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 13:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Later daardie dag het Jesus uit die huis gegaan en langs die see gaan sit.

2. ’n Groot klomp mense het rondom Hom saamgedrom. Gevolglik was Hy verplig om in ’n skuit te klim en daarin te gaan sit om die mense te onderrig. Hulle het almal op die strand bly staan om na Hom te luister.

3. Hy het vir hulle baie gelykenisse vertel, soos die volgende een:“’n Boer het eendag lande toe gegaan om te saai.

4. In die saaiproses het party van die saad op ’n voetpaadjie geval en die voëls het dit kom oppik.

5. ’n Ander deel het weer op klipperige aarde sonder enige diepte geval. As gevolg van die vlak grond het dit vinnig opgeskiet.

6. Maar toe die son warm begin bak, het dit verlep en omdat dit nie diep wortelgeskiet het nie, het dit toe heeltemal verdroog.

7. Nog ’n deel het tussen die dorings geval. Toe die dorings opkom, het dit die koring verstik.

8. Nog ander saad het op goeie grond geval. Dit het ’n oes voortgebring, party 100 maal, party 60 maal en party 30 maal soveel as wat oorspronklik gesaai is.

Lees volledige hoofstuk Matteus 13