Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 6:46-56 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

46. Daarna het Hy alleen teen die berg op gegaan om te bid.

47. Later die nag was die skuit al ver weg die see in en Hy was alleen op die land.

48. Hy sien toe hoe swaar hulle aan die roei was, want die wind was teen hulle. Kort voor dagbreek die volgende oggend kom Jesus op die see na hulle toe aangeloop. Hy wou by hulle verbygaan.

49. Toe hulle Hom so op die see sien loop, het hulle hard begin skree, want hulle het gedink dis ’n spook.

50. Hulle was almal verskrik toe hulle Hom sien. Maar Jesus het hulle dadelik gerusgestel en gesê: “Toemaar, moet julle nie ontstel nie. Dit is Ek.”

51. Hy het toe by hulle in die skuit geklim en die wind het gaan lê. Hulle was baie verbaas oor wat hulle beleef het.

52. Selfs ná die broodwonder het hulle nog nie begryp wie Hy werklik was nie; daarvoor was daar nog te veel weerstand in hulle harte.

53. Hulle het die see oorgesteek en by Gennesaret geland en anker gegooi.

54. Toe hulle uit die skuit klim, het die mense Jesus dadelik herken.

55. Hulle het toe in die ganse omgewing rondgehardloop en die siekes op slaapmatte begin aandra oral waar hulle gehoor het dat Hy was.

56. En waar Hy ook al gegaan het – in kleiner of groter dorpe, of op plase – het hulle die siekes by die bymekaarkomplekke neergesit en gesoebat om aan Hom te kon raak, al was dit maar net aan die rand van sy bo-kleed. En almal wat daaraan geraak het, het gesond geword.

Lees volledige hoofstuk Markus 6