Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 3:6-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. En al die mense sal die verlossingsienwat van God kom.’”

7. Hier is ’n voorbeeld van Johannes se prediking aan die skares wat gekom het om gedoop te word: “Julle broeisel slange! Wie het julle gewaarsku om God se komende oordeel te ontvlug?

8. Bewys deur julle lewe dat julle werklik tot inkeer gekom het. Moenie eers daaraan dink om te sê: ‘Ons is veilig – ons is afstammelinge van Abraham’ nie. God kan hierdie klippe in kinders van Abraham verander.

9. Die byl van God se oordeel is reeds gereed om julle wortels af te kap. Ja, elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, sal afgekap en in die vuur gegooi word.”

10. Die skare het gevra: “Wat moet ons dan doen?”

11. Johannes het geantwoord: “As jy twee kledingstukke het, gee een vir die armes. As jy kos het, deel dit met hulle wat honger is.”

12. Selfs tollenaars het gekom om gedoop te word en gevra: “Leermeester, wat moet ons doen?”

13. “Wys julle eerlikheid,” het hy geantwoord. “Maak seker dat julle nie méér belasting invorder as wat vereis word nie.”

14. “Wat moet óns doen?” het die soldate gevra.Johannes het geantwoord: “Moenie geld afpers nie, en moet niemand afdreig of vals beskuldig nie. En wees tevrede met julle salaris.”

15. Almal het verwag dat die Messias gou sou kom en hulle was gretig om te weet of dit dalk Johannes is.

16. Hy het hulle vrae beantwoord deur te sê: “Ek doop met water, maar Iemand wat groter is as ek, kom binnekort – Iemand soveel groter dat ek nie eens werd is om sy slaaf te wees nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop.

Lees volledige hoofstuk Lukas 3