hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Johannes die Doper – ’n stem

wat roep in die woestyn

1. Dit was nou die vyftiende regeringsjaar van Tiberius, die Romeinse keiser. Pilatus was goewerneur in Judea, Herodes Antipas was heerser in Galilea, sy broer Filippus was heerser oor Iturea en Tragonitis, en Lisanias was heerser oor Abilene.

2. Annas en Kajafas was die hoofpriesters. In dié tyd het ’n boodskap van God gekom na Johannes, seun van Sagaria, wat in die woestyn gebly het.

3. Johannes het van plek tot plek aan albei kante van die Jordaanrivier beweeg en gepreek dat mense gedoop moes word om te wys dat hulle tot inkeer gekom het, en so vergifnis van sonde ontvang het.

4. Jesaja het van Johannes gepraat toe hy gesê het:“Hy is ’n stem wat uitroepin die woestyn:‘Kry die Here se pad gereed. Maak vir Hom ’n hoofweg.

5. Vul die valleie op,en maak die berge en heuwels gelyk!Maak die krom paaie reguit,en maak die ruwe plekke gelyk!

6. En al die mense sal die verlossingsienwat van God kom.’”

7. Hier is ’n voorbeeld van Johannes se prediking aan die skares wat gekom het om gedoop te word: “Julle broeisel slange! Wie het julle gewaarsku om God se komende oordeel te ontvlug?

8. Bewys deur julle lewe dat julle werklik tot inkeer gekom het. Moenie eers daaraan dink om te sê: ‘Ons is veilig – ons is afstammelinge van Abraham’ nie. God kan hierdie klippe in kinders van Abraham verander.

9. Die byl van God se oordeel is reeds gereed om julle wortels af te kap. Ja, elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, sal afgekap en in die vuur gegooi word.”

10. Die skare het gevra: “Wat moet ons dan doen?”

11. Johannes het geantwoord: “As jy twee kledingstukke het, gee een vir die armes. As jy kos het, deel dit met hulle wat honger is.”

12. Selfs tollenaars het gekom om gedoop te word en gevra: “Leermeester, wat moet ons doen?”

13. “Wys julle eerlikheid,” het hy geantwoord. “Maak seker dat julle nie méér belasting invorder as wat vereis word nie.”

14. “Wat moet óns doen?” het die soldate gevra.Johannes het geantwoord: “Moenie geld afpers nie, en moet niemand afdreig of vals beskuldig nie. En wees tevrede met julle salaris.”

15. Almal het verwag dat die Messias gou sou kom en hulle was gretig om te weet of dit dalk Johannes is.

16. Hy het hulle vrae beantwoord deur te sê: “Ek doop met water, maar Iemand wat groter is as ek, kom binnekort – Iemand soveel groter dat ek nie eens werd is om sy slaaf te wees nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop.

17. “Hy is gereed om met sy gaffel die kaf van die koring te skei. Hy sal dan die dorsvloer skoonmaak en die graan in sy skuur bêre en die kaf met onblusbare vuur verbrand.”

18. Johannes het baie sulke waarskuwings gebruik in sy verkondiging van die Goeie Nuus aan die mense.

19. Johannes het ook vir Herodes Antipas, heerser van Galilea, openlik aangespreek omdat hy Herodias, sy broer se vrou, gevat het, en ook oor baie ander verkeerde dinge wat hy gedoen het.

20. Daarop het Herodes vir Johannes in die tronk gegooi, en dié sonde by al sy ander sondes gevoeg.

Die openbare bekendstelling van

Jesus se bediening: sy doop

21. Eendag toe die skares gedoop word, is Jesus self ook gedoop. Terwyl Hy bid, het die hemel oopgegaan,

22. en die Heilige Gees het fisies soos ’n duif op Hom neergedaal. En ’n stem uit die hemel het gesê: “Jy is my geliefde Seun. Jy is ’n kind so na my hart.”

Jesus se geslagsregister,

teruggevoer tot by Adam

23. Jesus was omtrent 30 jaar oud toe Hy met sy bediening begin het. Hy was bekend as die seun van Josef. Josef was die seun van Eli.

24. Eli die seun van Mattat, Mattat die seun van Levi, Levi die seun van Melgi, Melgi die seun van Jannai, Jannai die seun van Josef,

25. Josef die seun van Mattatias, Mattatias die seun van Amos, Amos die seun van Nahum, Nahum die seun van Hesli, Hesli die seun van Naggai,

26. Naggai die seun van Mahat, Mahat die seun van Mattatias, Mattatias die seun van Semeïn, Semeïn die seun van Josek, Josek die seun van Joda,

27. Joda die seun van Johanan, Johanan die seun van Resa, Resa die seun van Serubbabel, Serubbabel die seun van Sealtiël, Sealtiël die seun van Neri,

28. Neri die seun van Melgi, Melgi die seun van Addi, Addi die seun van Kosam, Kosam die seun van Elmadam, Elmadam die seun van Er,

29. Er die seun van Josua, Josua die seun van Eliëser, Eliëser die seun van Jorim, Jorim die seun van Mattat, Mattat die seun van Levi,

30. Levi die seun van Simeon, Simeon die seun van Juda, Juda die seun van Josef, Josef die seun van Jonam, Jonam die seun van Eljakim,

31. Eljakim die seun van Melea, Melea die seun van Menna, Menna die seun van Mattata, Mattata die seun van Natan, Natan die seun van Dawid,

32. Dawid die seun van Isai, Isai die seun van Obed, Obed die seun van Boas, Boas die seun van Sala, Sala die seun van Nagson,

33. Nagson die seun van Amminadab, Amminadab die seun van Admin, Admin die seun van Arni, Arni die seun van Gesron, Gesron die seun van Peres, Peres die seun van Juda,

34. Juda die seun van Jakob, Jakob die seun van Isak, Isak die seun van Abraham, Abraham die seun van Tera, Tera die seun van Nahor,

35. Nahor die seun van Serug, Serug die seun van Rehu, Rehu die seun van Peleg, Peleg die seun van Heber, Heber die seun van Sala,

36. Sala die seun van Kenan, Kenan die seun van Arpagsad, Arpagsad die seun van Sem, Sem die seun van Noag, Noag die seun van Lameg,

37. Lameg die seun van Metusalag, Metusalag die seun van Henog, Henog die seun van Jered, Jered die seun van Mahalalel, Mahalalel die seun van Kenan,

38. Kenan die seun van Enos, Enos die seun van Set, Set die seun van Adam, Adam die seun van God.