Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 3:17-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. “Hy is gereed om met sy gaffel die kaf van die koring te skei. Hy sal dan die dorsvloer skoonmaak en die graan in sy skuur bêre en die kaf met onblusbare vuur verbrand.”

18. Johannes het baie sulke waarskuwings gebruik in sy verkondiging van die Goeie Nuus aan die mense.

19. Johannes het ook vir Herodes Antipas, heerser van Galilea, openlik aangespreek omdat hy Herodias, sy broer se vrou, gevat het, en ook oor baie ander verkeerde dinge wat hy gedoen het.

20. Daarop het Herodes vir Johannes in die tronk gegooi, en dié sonde by al sy ander sondes gevoeg.

21. Eendag toe die skares gedoop word, is Jesus self ook gedoop. Terwyl Hy bid, het die hemel oopgegaan,

22. en die Heilige Gees het fisies soos ’n duif op Hom neergedaal. En ’n stem uit die hemel het gesê: “Jy is my geliefde Seun. Jy is ’n kind so na my hart.”

23. Jesus was omtrent 30 jaar oud toe Hy met sy bediening begin het. Hy was bekend as die seun van Josef. Josef was die seun van Eli.

24. Eli die seun van Mattat, Mattat die seun van Levi, Levi die seun van Melgi, Melgi die seun van Jannai, Jannai die seun van Josef,

25. Josef die seun van Mattatias, Mattatias die seun van Amos, Amos die seun van Nahum, Nahum die seun van Hesli, Hesli die seun van Naggai,

Lees volledige hoofstuk Lukas 3