Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 22:60-71 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

60. Petrus het geantwoord: “Man, ek het nie die vaagste benul waarvan jy praat nie!” Eensklaps, terwyl hy nog besig is om te praat, het daar ’n haan gekraai.

61. Die Here het omgedraai en Petrus stip aangekyk. Petrus het die Here se woorde onthou toe Hy aan hom gesê het: “Voordat die haan nog vannag kraai, sal jy drie keer ontken dat jy My ken.”

62. En hy het buitentoe gegaan en onbedaarlik gehuil.

63. Die soldate wat Jesus bewaak het, het Hom gekoggel en geslaan.

64. Hulle het Hom geblinddoek en aanhou sê: “Profeteer wie dit is wat jou geslaan het!”

65. Hulle het Hom bly laster deur baie ander dinge teen Hom kwyt te raak.

66. Toe die nuwe dag breek, het die volksleiers, dit is die priesterhoofde en skrifkenners, saamgekom en hulle het Jesus voor hulle Raad gebring.

67. Hulle sê toe: “As jy die Messias is, sê dit vir ons.” Hy het hulle geantwoord: “As Ek dit vir julle sou sê, sal julle My glad nie glo nie.

68. Al sou Ek ook ’n vraag stel, sal julle glad nie antwoord nie.

69. Maar van nou af sal Ek, die Seun van die Mens, aan die regterhand van die sterke God sit.”

70. Toe vra hulle almal: “Is jy dan die Seun van God?” Hy antwoord hulle: “Dit is soos julle sê – Ek is.”

71. Die reaksie was: “Waarom het ons dan nog getuienis nodig? Ons het dit mos nou self uit sy eie mond gehoor!”

Lees volledige hoofstuk Lukas 22