Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 17:27-37 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

27. Hulle het geëet, gedrink, getrou en vroue in die huwelik uitgegee tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het. Die watervloed het gekom en hulle almal vernietig.

28. Dit het ook net so gebeur gedurende die dae van Lot: Hulle het geëet, gedrink, gesmous, geplant en gebou.

29. Op dieselfde dag dat Lot uit Sodom weggegaan het, het vuur en swael uit die hemel gereën en almal vernietig.

30. Dit sal net so gebeur op die dag wanneer Ek as die Seun van die Mens bekendgemaak word.

31. “Op daardie dag moet dié wat op die dakstoep sit terwyl hulle besittings nog in die huis is, nie afklim om dit saam te vat nie. Net so moet dié wat op die land is, nie terugdraai na die besittings agter hulle nie.

32. Onthou maar net wat met die vrou van Lot gebeur het.

33. Almal wat hulle daarop instel om hulle lewe te beveilig, sal dit verloor, maar hulle wat dit verloor, sal dit behou.

34. “Ek verduidelik dit aan julle: Gedurende daardie nag sal daar twee mense op een bed wees; die een sal saamgeneem en die ander een agtergelaat word.

35. Daar sal twee vroue wees wat koring maal; die een sal saamgeneem en die ander een agtergelaat word.”

37. Hulle vra Jesus toe: “Waar sal dit gebeur, Here?” Hy het geantwoord: “Waar die karkas lê, daar sal die aasvoëls bymekaarkom.”

Lees volledige hoofstuk Lukas 17