Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 1:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Hooggeagte Teofilus:Baie mense het probeer om ’n verhaal op te stel oor die dinge wat onder ons gebeur het.

2. Hulle het as inligtingsbron die verhale gebruik wat die eerste ooggetuies en dienaars van die Woord aan ons oorgelewer het.

3. Nadat ek al hierdie verhale van voor af noukeurig ondersoek het, het ek besluit om ’n getroue samevatting daarvan vir u neer te skryf.

4. Dit is om u te verseker van die betroubaarheid van alles wat u geleer is.

5. Dit het alles begin by ’n Joodse priester, Sagaria, gedurende die tyd toe Herodes koning van Judea was. Hy was lid van die diensgroep van Abia. Sy vrou, Elisabet, het ook uit die priesterlyn van Aäron afgestam.

6. Sagaria en Elisabet het reg gelewe voor God: hulle het al die Here se bevele en voorskrifte nagekom.

7. Hulle het nie kinders gehad nie omdat Elisabet onvrugbaar was en hulle albei al oud was.

8. Eendag was Sagaria besig om God in die tempel te dien, want sy diensgroep was dié week aan diens.

Lees volledige hoofstuk Lukas 1