Ou Testament

Nuwe Testament

Kolossense 1:26-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

26. Hierdie boodskap was vir eeue en geslagte lank ’n geheim, maar nou het God dit aan sy eie mense bekendgemaak.

27. God het be­sluit om aan hulle bekend te maak hoe wonder­lik die heer­likheid van hierdie geheim vir alle volke is. Die ge­heim is: Christus leef in julle. Dit is die vooruitsig dat julle in die hemelse heer­lik­heid sal deel.

28. Juis Hom verkondig ons! Ons doen dit deur elke mens te waarsku en met alle moontlike wysheid te onderrig. So wil ons graag elke mens in ’n vol­maak­te verhou­ding met Christus voor God laat staan.

29. Hiervoor werk en stry ek met Christus se krag wat magtig in my aan die werk is.

Lees volledige hoofstuk Kolossense 1