Ou Testament

Nuwe Testament

Kolossense 1:14-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Deur die Seun het ons verlos­sing ver­kry, naamlik die verge­wing van son­de.

15. Die Seun is die sigbare uitbeeldingvan die onsigbare God. Hy is die Eerstevan die hele skepping,

16. omdat God allesdeur Hom geskep het. Ja, alles in die hemelen op die aarde – die dinge wat gesien kan worden die dinge wat nie gesienkan word nie, of dit nou konings of heersers, regeerders of magshebbers is – álle dinge is deur Homen vir Hom geskep.

17. Hý was daar vóór alles,en in Hom word alles saamgebind.

18. Hý is die hoof van die kerk,sy liggaam. Die Seun is die begin. Hy is die Eerstewat uit die dood opgestaan hetsodat Hy inderdaad eerstein alle dinge is.

19. God het dit goedgedinkom met sy volle Goddelikheid in die Seun te woon,

20. en om deur Hom allesmet Homself te versoen.Deur die bloed van sy Seun aan die kruishet Hy vrede gemaak.Ja, deur Hom het Hy allesop die aardeen in die hemelmet Homself versoen.

21. Eers was julle ook ver van God af. Met verkeerde da­de het julle gewys dat julle Hom vyandiggesind is.

22. Maar nou het Hy julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterf het om julle voor Hom as sy eie mense te laat staan, skoon en foutloos.

Lees volledige hoofstuk Kolossense 1