Ou Testament

Nuwe Testament

Kolossense 1:11-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Ons bid dat Hy deur die krag van sy god­delike heerlikheid julle sal toe­rus met al die krag wat julle nodig het om in alle omstandighede geduldig te volhard terwyl julle met blydskap

12. altyd die Vader dank dat Hy julle geskik gemaak het om in die erfenis van God se mense te deel, die erfenis wat wag vir mense wat vol­gens sy wil lewe.

13. Hy het ons verlos uit die mag van die duisternis en ons oorgebring on­der die ko­nings­heerskappy van sy gelief­de Seun.

14. Deur die Seun het ons verlos­sing ver­kry, naamlik die verge­wing van son­de.

15. Die Seun is die sigbare uitbeeldingvan die onsigbare God. Hy is die Eerstevan die hele skepping,

16. omdat God allesdeur Hom geskep het. Ja, alles in die hemelen op die aarde – die dinge wat gesien kan worden die dinge wat nie gesienkan word nie, of dit nou konings of heersers, regeerders of magshebbers is – álle dinge is deur Homen vir Hom geskep.

17. Hý was daar vóór alles,en in Hom word alles saamgebind.

18. Hý is die hoof van die kerk,sy liggaam. Die Seun is die begin. Hy is die Eerstewat uit die dood opgestaan hetsodat Hy inderdaad eerstein alle dinge is.

19. God het dit goedgedinkom met sy volle Goddelikheid in die Seun te woon,

20. en om deur Hom allesmet Homself te versoen.Deur die bloed van sy Seun aan die kruishet Hy vrede gemaak.Ja, deur Hom het Hy allesop die aardeen in die hemelmet Homself versoen.

21. Eers was julle ook ver van God af. Met verkeerde da­de het julle gewys dat julle Hom vyandiggesind is.

22. Maar nou het Hy julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterf het om julle voor Hom as sy eie mense te laat staan, skoon en foutloos.

23. Maar dan moet julle aanhou glo. Julle moet onwrikbaar vas bly staan en nie die verwagting laat vaar wat in julle gewek is toe julle die Goeie Nuus gehoor het nie. Hierdie Goeie Nuus is aan almal onder die son verkondig. En ek, Paulus, het hiervan ’n dienaar ge­word.

Lees volledige hoofstuk Kolossense 1