Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 5:1-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Hierna het daar ’n groot fees van die Jode plaasgevind. Jesus het daarvoor na Jerusalem toe gegaan.

2. By Skaappoort in Jerusalem is daar ’n waterbad wat in Hebreeus Betesda genoem word. Dit het vyf onderdakpilaargange gehad

3. waar daar ’n menigte gestremdes gelê het: blindes, kreupeles en lammes.

5. Onder hulle was daar ’n sekere persoon wat al 38 jaar lank siek was.

6. Jesus het hom daar sien lê en was bewus daarvan dat hy geruime tyd al siek was. Hy vra hom toe: “Wil jy graag gesond word?”

7. Die sieke het Jesus geantwoord: “Meneer, ek het niemand naby my om my in die waterbad te tel wanneer die water geroer word nie; en terwyl ek nog naderkom, gaan iemand anders voor my in.”

8. Jesus sê toe vir hom: “Staan nou op, tel jou slaapmatjie op en loop!”

9. Onmiddellik het die man gesond geword, sy slaapmatjie opgetel en begin loop. Op daardie dag was dit die Sabbat.

10. Die Jode sê toe vir die man wat so pas gesond geword het: “Dit is ’n Sabbat; daarom mag jy nie jou slaapmatjie dra nie.”

11. Hy antwoord hulle egter: “Die man wat my gesond gemaak het, dit is hý wat vir my gesê het: ‘Tel jou slaapmatjie op en loop.’”

12. Hulle vra hom: “Wie is die persoon wat vir jou gesê het: ‘Tel jou slaapmatjie op en loop’?”

13. Die man wat gesond geword het, het nie geweet wie dit is nie, want Jesus het weggegaan omdat daar ’n groot skare op die plek saamgedrom het.

14. Hierna loop Jesus hom toe in die tempel raak en sê vir hom: “Kyk, jy is genees. Moenie verder sonde gaan doen nie sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.”

Lees volledige hoofstuk Johannes 5