Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 9:40-43 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

40. Petrus het almal egter uitgestuur, en toe het hy gekniel en gebid. Hy het na die liggaam toe gedraai en gesê: “Tabita, staan op!” Sy het haar oë oopgemaak! Toe sy Petrus sien, het sy regop gesit.

41. Hy het haar sy hand gegee en haar help opstaan. Toe het hy die gelowiges en die weduwees geroep, en hulle gewys sy leef.

42. Dié gebeure het in die hele Joppe bekend geword, en baie het tot geloof in die Here gekom.

43. Petrus het ’n hele aantal dae in Joppe gebly by ’n sekere Simon, ’n leerlooier.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 9