Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 8:4-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Die gelowiges wat uit Jerusalem gevlug het, het so ver as wat hulle gegaan het, die Goeie Nuus verkondig.

5. Filippus het byvoorbeeld na die stad Samaria gegaan en hulle van Christus vertel.

6. Toe die mense hoor wat Filippus verkondig en die wonders sien wat hy doen, het hulle aandagtig na sy boodskap geluister.

7. Onrein geeste het met groot geskreeu uit baie mense uitgegaan, en baie wat verlam en kreupel was, is gesond gemaak.

8. Daar was groot blydskap in daardie stad.

9. In dié stad het ’n man met die naam Simon al vir jare lank die inwoners met sy toorkunste beïndruk. Hy het daarop aanspraak gemaak dat hy iemand besonders was.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 8