Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 8:28-40 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

28. en was nou op pad terug. Hy het op sy wa die boek van die profeet Jesaja gesit en lees.

29. Toe het die Gees vir Filippus gesê: “Gaan loop langs sy wa.”

30. Filippus het nadergedraf en gehoor dat die man uit die profeet Jesaja lees. Hy vra hom toe: “Verstaan u wat u lees?”

31. Die Etiopiër het geantwoord: “Hoe kan ek as niemand dit vir my verduidelik nie?” Hy het Filippus toe mooi gevra om op te klim en by hom te kom sit.

32. Die Skrifdeel waarmee hy besig was, lui:“Hy is gelei soos ’n skaapna die slagplek,en soos ’n lam stil isby sy skeerder,só het Hy sy mondnie oopgemaak nie.

33. Hy is verneder,en alle reg is Hom ontsê.Wie kan van sy nageslag vertel?Want sy lewe wordvan die aarde af weggevat.”

34. Die ontmande het toe vir Filippus gevra: “Praat die profeet hier van homself of van iemand anders?”

35. Filippus het toe by hierdie Skrifgedeelte begin en die evangelie oor Jesus aan hom vertel.

36. Op pad kom hulle by water aan, en die ontmande sê: “Kyk, daar is water! Waarom kan ek nie gedoop word nie?”

38. Hy het toe die wa laat stilhou, en hulle twee het in die water gegaan, en Filippus het hom gedoop.

39. Toe hulle uit die water opkom, het die Gees van die Here vir Filippus weggevat. Die ontmande het hom nie meer gesien nie en hy het sy reis met blydskap voortgesit.

40. Toe Filippus hom weer kom kry, was hy in die stad Asdod. Hy het daarvandaan deur al die dorpe die Goeie Nuus verkondig totdat hy in Sesarea aangekom het.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 8