Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 8:18-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Toe Simon sien dat die mense die Gees ontvang wanneer die apostels hulle hande op hulle sit, wou hy hierdie mag koop.

19. “Gee my ook hierdie mag,” het hy gesê, “sodat elkeen op wie ek my hande sit, die Heilige Gees kan ontvang!”

20. Petrus het hom egter geantwoord: “Mag jou geld saam met jou vernietig word omdat jy dink dat dié gawe van God gekóóp kan word!

21. Hier is nie plek vir jou nie, want voor God is jou hart nie reg nie.

22. “Bekeer jou van hierdie boosheid van jou en bid tot die Here. Miskien sal Hy jou bose planne vergewe.

23. Ek kan sien jy is vol bitterheid en deur sonde geboei.”

24. “Bid júlle tog vir my tot die Here,” het Simon uitgeroep, “dat hierdie verskriklike dinge nie met my gebeur nie!”

25. Nadat Petrus en Johannes kragtig getuienis gelewer en die woord van die Here in Samaria verkondig het, het hulle na Jerusalem toe teruggegaan. Op pad het hulle die evangelie ook in baie Samaritaanse dorpies verkondig.

26. Vir Filippus het ’n engel van die Here egter gesê: “Gaan suid met die woestynpad wat van Jerusalem af Gasa toe loop.”

27. Filippus het dit gedoen, en hy het die Minister van Finansies van Etiopië teëgekom. Hy was ’n ontmande in dié hoë pos by die koningin van Etiopië. Hy het Jerusalem toe gekom om te aanbid,

28. en was nou op pad terug. Hy het op sy wa die boek van die profeet Jesaja gesit en lees.

29. Toe het die Gees vir Filippus gesê: “Gaan loop langs sy wa.”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 8