Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 5:4-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Die grond was joune om te verkoop of nie. En selfs ná jy dit verkoop het, kon jy met die geld gemaak het wat jy wou. Hoe kon jy so iets doen? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.”

5. Toe Ananias hierdie woorde hoor, het hy neergeval en gesterf. Almal wat hiervan gehoor het, het groot geskrik.

6. ’n Paar jong mans het hom toegedraai en gaan begrawe.

7. Omtrent drie ure later het sy vrou ingekom, onbewus van wat gebeur het.

8. Petrus vra haar toe: “Het julle die grond vir hierdie bedrag verkoop?”“Ja,” het sy geantwoord, “dit was die bedrag.”

9. Toe sê Petrus vir haar: “Waarom het julle twee saamgesweer om die Gees van die Here te toets? Net hier buite die deur is die jong mans wat jou man begrawe het, en hulle gaan jou ook uitdra.”

10. Onmiddellik het sy by sy voete neergeval en gesterf. Toe die jong mans inkom en sien sy is dood, het hulle haar by haar man gaan begrawe.

11. Die hele gemeente het groot geskrik en al die ander wat hiervan gehoor het, het net so geskrik.

12. Die apostels het baie tekens en wonders onder die volk gedoen. Al die gelowiges het gereeld saamgekom in dié deel van die tempel wat as die Pilaargang van Salomo bekend staan.

13. Niemand anders het dit sommer gewaag om by hulle aan te sluit nie, al het almal hoë agting vir hulle gehad.

14. Al meer mense het in die Here geglo, groot getalle mans en vroue.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 5