Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 4:17-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Maar om te keer dat dit nog verder onder die volk versprei, kom ons dreig hulle om nie weer met iemand in die Naam van Jesus te praat nie.”

18. Hulle roep toe die apostels weer in en beveel hulle om glad nie verder iets in die Naam van Jesus te verkondig of te leer nie.

19. Petrus en Johannes het egter in reaksie vir hulle gesê: “Dink julle God wil hê dat ons eerder aan júlle gehoorsaam moet wees as aan Hom?

20. “Ons kan nie anders as om te praat oor die wonderlike dinge wat ons gesien en gehoor het nie.”

21. Die Raad het hulle nog verder gedreig. Uiteindelik het hulle hulle egter laat gaan, want hulle het nie geweet hoe om hulle te straf sonder om ’n volksopstand te veroorsaak nie. Almal was inderdaad besig om God te prys

22. vir die wonderteken – ’n man wat al oor die 40 jaar verlam was, is immers gesond gemaak!

23. Toe hulle losgelaat is, het Petrus en Johannes dadelik die ander gelowiges opgesoek en vir hulle vertel wat die priesterhoofde en die familiehoofde alles gesê het.

24. Toe het al die gelowiges saam tot God gebid: “Almagtige Here, Skepper van die hemel en die aarde, die see en alles daarin –

Lees volledige hoofstuk Handelinge 4