Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 28:19-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. “Maar omdat die Jode daarteen beswaar gemaak het, kon ek nie anders as om na die keiser te appelleer nie, alhoewel ek my volk nie van iets wil aankla nie.

20. Dit is dan die rede waarom ek u laat roep het om u te sien en met u te praat. Ek is in hierdie boeie omdat ek glo dat die hoop van Israel, die Messias, reeds gekom het.”

21. Toe sê hulle vir hom: “Ons het geen briewe oor jou van Judea af gekry nie, en nie een van ons broers het enige nuus gebring of iets kwaads van jou gesê nie.

22. Ons wil graag van jou hoor hoe jy oor die hele aangeleentheid dink, want ons verneem dat hierdie splintergroep oral omstrede is.”

23. Hulle het toe ’n dag met hom vasgemaak, en op daardie dag het daar nog meer mense na sy blyplek gekom. Van vroeg die môre tot laat die aand het Paulus vir hulle die koningsheerskappy van God verduidelik en daaroor getuig. Hy het hulle uit die wet van Moses en uit die profete probeer oortuig van Jesus.

24. Sy woorde het party oortuig, maar ander wou nie glo nie.

25. Toe ’n ernstige meningsverskil ontstaan, het hulle begin padgee. Paulus het egter nog vir oulaas een stelling teenoor hulle gemaak: “Hoe van toepassing is dit tog wat die Heilige Gees by monde van die profeet Jesaja vir julle voorvaders gesê het, naamlik:

26. ‘Gaan na hierdie volk toe en sê:Julle sal my woorde hooren tog nie verstaan nie.Julle sal sien wat Ek doen,en dit tog nie werklik begryp nie.

27. Ja, die hart van hierdie volkhet verhard,en hulle hoor swaar met hulle ore,en hulle het hulle oë toegemaaksodat hulle nie dalk met hulle oë sienen met hulle ore hooren met hulle hart begrypen tot bekering komen Ek hulle gesond maak nie.’

28. “Van nou af moet julle goed besef dat hierdie verlossing van God nou vir die nie-Joodse nasies beskikbaar gestel word. En húlle sal luister.”

30. Paulus het ’n volle twee jaar lank in sy eie gehuurde huis gebly, en hy het almal ontvang wat by hom aangedoen het.

31. Hy het verkondig dat God as koning regeer, en die mense alles oor die Here Jesus Christus geleer. Hy het dit ongehinderd en met die grootste vrymoedigheid gedoen.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 28