Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 25:20-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

20. Ék het geen idee gehad hoe om hierdie tipe saak te ondersoek nie, en het hom daarom gevra of hy gewillig sou wees om Jerusalem toe te gaan en daar oor hierdie dinge verhoor te word.

21. Maar Paulus het geappelleer om onder arres te bly met die oog op ’n beslissing deur Sy Edele die Keiser. Ek het toe beveel dat hy onder arres bly totdat ek hom keiser toe kan stuur.”

22. “Ek sou self ook graag die man wou hoor,” sê Agrippa toe vir Festus.Festus het geantwoord: “Môre sal jy hom hoor!”

23. Die volgende dag het Agrippa gekom, en Bernice ook, met groot vertoon. Hulle het die saal binnegekom in geselskap van die generaals en die vooraanstaande inwoners van die stad. Op Festus se bevel is Paulus ingebring.

24. Toe sê Festus: “Koning Agrippa en al die mans hier saam met ons teenwoordig, julle sien hierdie man teen wie die hele Joodse gemeenskap in Jerusalem en hier plaaslik ’n aanklag by my aanhangig gemaak het. Hulle het geskreeu dat hy nie langer behoort te lewe nie.

25. My eie bevinding is egter dat hy niks gedoen het wat die dood verdien nie. Aangesien hy hom op Sy Edele die Keiser beroep het, het ek besluit om hom te stuur.

26. “Maar ek het nie iets spesifieks oor hom wat ek vir ons staatshoof kan skryf nie. Daarom het ek hom voor u gebring, en veral voor u, koning Agrippa, sodat ek ná die ondersoek iets kan hê om te skryf.

27. Na my oordeel is dit heeltemal sinloos om ’n gevangene te stuur sonder om die aanklag teen hom duidelik aan te dui!”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 25