Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 2:5-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Daar het toegewyde Jode uit al die nasies onder die son in Jerusalem gewoon.

6. Die geluid van die stormwind en die stemme het ’n groot skare daar laat saamkom. Hulle was uit die veld geslaan omdat elkeen die gelowiges in hulle eie taal hoor praat het.

7. Hulle was heeltemal uit die veld geslaan. “Hoe is dit moontlik?” het hulle uitgeroep. “Almal wat hier praat, is Galileërs,

8. en tog hoor ons hulle in ons moedertaal praat!

9. Hier is ons – Perse, Mediërs en Elamiete, mense wat in Mesopotamië bly, in Judea, Kappadosië, Pontus en die provinsie Asië,

10. Frigië, Pamfilië, Egipte en die dele van Libië na Sirene se kant toe, besoekers uit Rome –

11. Jode sowel as proseliete, Kretensers en Arabiere. Ons almal hoor hulle in ons eie tale praat oor die groot dinge wat God gedoen het!”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 2