Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 13:50-52 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

50. Maar die Jode het vooraanstaande vroue wat vir die ware God ontsag gehad het, asook toonaangewende burgers van die stad, opgesweep. Hulle het ’n betoging teen Paulus en Barnabas bewerk, en hulle uit die streek weggejaag.

51. Hulle het toe, as protes teen die stad, die stof van hulle voete afgeskud en Ikonium toe gegaan.

52. Die gelowiges was vol blydskap en vol van die Heilige Gees.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 13