Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 13:47-52 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

47. “Immers met hierdie woorde het die Here ons ’n opdrag gegee:‘Ek het Jou gegee as ’n ligvir die nie-Joodse nasiessodat Jy verlossing kan bringtot in die uithoeke van die aarde.’”

48. Toe die nie-Jode dit hoor, was hulle baie bly en hulle het die woord van die Here toegejuig. Almal wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword.

49. Die woord van die Here het deur daardie hele streek versprei.

50. Maar die Jode het vooraanstaande vroue wat vir die ware God ontsag gehad het, asook toonaangewende burgers van die stad, opgesweep. Hulle het ’n betoging teen Paulus en Barnabas bewerk, en hulle uit die streek weggejaag.

51. Hulle het toe, as protes teen die stad, die stof van hulle voete afgeskud en Ikonium toe gegaan.

52. Die gelowiges was vol blydskap en vol van die Heilige Gees.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 13