Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 11:6-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Toe ek in die doek kyk, sien ek daarin allerhande aardse diere, wilde diere en reptiele, en ook voëls.

7. Toe hoor ek ’n stem wat vir my sê: ‘Staan op, Petrus! Slag en eet!’

8. “‘Nooit nie, Here!’ het ek geantwoord. ‘Iets wat onrein is, het nog nooit my mond binnegegaan nie.’

9. “’n Tweede keer het ’n stem uit die hemel gereageer: ‘Wat God rein gemaak het, mag jy nie onrein ag nie.’

10. “Dit het drie keer gebeur, en daarna is alles weer in die hemel opgetrek.

11. Presies op daardie tydstip het drie mans wat van Sesarea af gestuur was, by die huis aangekom waar ons tuis was.

12. Die Gees het vir my gesê dat ek saam met hulle moet gaan, en dat ek nie moet aarsel omdat hulle nie-Jode is nie. Ek het toe saam met hierdie ses medegelowiges gegaan, en ons het die man wat my laat haal het, se huis binnegegaan.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 11