Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 11:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die apostels en die ander gelowiges in Judea het gehoor dat ook nie-Jode die woord van God aangeneem het.

2. Toe Petrus in Jerusalem aankom, het die Joodse gelowiges hom gekritiseer:

3. “Jy het nie-Jode besoek en jy het selfs saam met hulle geëet!”

4. Petrus het toe vir hulle alles mooi begin uiteensit.

5. “Ek was in Joppe besig om te bid toe ek in geestesvervoering ’n gesig gesien het,” het hy gesê. “Iets soos ’n groot doek wat aan sy vier punte neergelaat word, het uit die hemel afgekom. En dit het tot by my gekom.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 11