Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 10:2-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Hy het toegewy aan die God van Israel geleef en het ontsag vir Hom gehad, hy en sy hele huishouding. Hy het baie bydraes vir die armes onder die Joodse volk gegee en hy het deurentyd tot God gebid.

3. Een middag teen drie-uur het hy in ’n gesig duidelik ’n engel van God na hom toe sien kom wat vir hom sê: “Kornelius!”

4. Kornelius het hom aangestaar en bang geword en gevra: “Wat is dit, Meneer?”Die engel het hom geantwoord: “Jou gebede en wat jy vir die armes doen, het God opgeval!

5. Stuur daarom nou dadelik mans na Joppe toe en laat daar ’n sekere Simon haal. Sy noemnaam is Petrus.

6. Hy is ’n gas by ’n ander Simon, ’n leerlooier. Sy huis is by die see.”

7. Toe die engel wat met hom gepraat het, vertrek, het Kornelius twee van sy huiswerkers en een van sy lyfwagte, self ’n soldaat wat aan God toegewy geleef het, geroep.

8. Hy het hulle alles vertel en hulle Joppe toe gestuur.

9. Die volgende dag, toe Kornelius se afvaardiging al naby die dorp was, het Petrus dakstoep toe gegaan om te bid. Dit was teen twaalfuur die middag,

10. en hy het honger geword en wou eet. Terwyl hulle die ete klaarmaak, het hy in geestesvervoering geraak.

11. Hy het die hemel oop gesien en iets soos ’n groot doek wat aan sy vier punte neergelaat word en afkom grond toe.

12. In die doek was allerhande diere, reptiele en voëls.

13. ’n Stem sê toe vir hom: “Staan op, Petrus! Slag en eet!”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 10