Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 2:24-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

24. Ek vertrou dat, as die Here wil, ek self ook binnekort na julle toe sal kan kom.

25. Ek het gedink ek behoort Epafroditus, my broer, medewerker en medestryder, wat deur julle gestuur is om my in my nood by te staan, na julle toe terug te stuur.

26. Hy verlang baie na julle almal en was bekommerd omdat julle gehoor het dat hy siek is.

27. Hy was regtig doodsiek, maar God het genade aan hom bewys – nie net aan hom nie, maar ook aan my – sodat ek nie nog groter hartseer sou moes verduur nie.

28. Ek stuur hom dus sommer dadelik terug sodat julle, wanneer julle hom sien, bly kan wees en ek minder bekommerd.

29. Verwelkom hom dan in die Here met volle blydskap en respekteer mense soos hy,

30. want vir die werk van Christus het hy by die dood omgedraai. Hy het sy lewe gewaag om my namens julle te help.

Lees volledige hoofstuk Filippense 2