Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 2:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Julle is mos deur Christus bemoedig en deur sy liefde getroos! Julle het die gemeenskap beleef wat die Gees bewerk! Julle weet wat omgee en meelewing beteken!

2. Maak my dan nou heeltemal bly deur eensgesind te wees – één in liefde, één in hart en één in doel.

3. Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself.

4. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange.

5. Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s’n wees:

6. Alhoewel Hy self God was, het Hy nie vasgeklouaan die Goddelikheid wat Hom toekom nie,

7. maar Hy het dit prysgegee: Hy het ’n slaaf geword en aan mense gelyk geword. En toe Hy as mens geleef het,

8. het Hy Homself nog verder verneder deur tot die dood toegehoorsaam te wees, ja, tot die kruisdood toe!

Lees volledige hoofstuk Filippense 2