Ou Testament

Nuwe Testament

Efesiërs 2:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. As gevolg van julle verkeerde lewe en sondes was ook julle geestelik dood.

2. Julle leefstyl destyds is bepaal deur hierdie bose wêreld, ja, deur die regeerder van die mag wat in die lug is. Dit is die gees wat nou nog werk in almal wat aan God ongehoorsaam is.

3. Ons almal het vroeër so gelewe. Ons gedrag is bepaal deur ons sondige begeertes. Elke sondige wens wat in ons gedagtes opgekom het, het ons sommer net gedoen. Soos die ander mense was ons vanselfsprekend vir God se straf bestem.

4. Maar God se ontferming is oorvloedig. Die liefde waarmee Hy ons liefgehad het, was so groot

5. dat toe ons verkeerde lewe ons geestelike dood veroorsaak het, Hy ons saam met Christus lewend gemaak het. Dis dus God se genade wat maak dat julle verlos is!

6. Omdat ons aan Christus Jesus verbind is, het God ons saam met Hom opgewek en saam met Hom ’n sitplek in die hemel gegee.

7. So sal God ook in die tye wat kom, bewys dat Hy heeltemal oorloop van genade. Die goedheid wat God ons deur Christus Jesus gegee het, sal as bewys dien.

Lees volledige hoofstuk Efesiërs 2