Ou Testament

Nuwe Testament

3 Johannes 1:11-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Geliefde vriend, moet tog nie dié slegte voorbeeld navolg nie. Volg liewer die goeie. Dié wat goed doen, is van God afkomstig; dié wat sleg doen, het God tot nou toe nie gesien nie.

12. Almal getuig positief oor Demetrius; ook die waarheid self onderskryf dit. Ons getuig dit ook en jy weet dat ons getuienis betroubaar is.

13. Ek het regtig nog baie om aan jou te skryf, maar ek wil dit nie met pen en ink doen nie.

14. Ek hoop egter om jou gou te sien en persoonlik met jou te praat.

15. Mag jy vrede ondervind. Die vriende hier stuur vir jou groete. Dra asseblief my groete oor aan die vriende daar, aan elkeen persoonlik.

Lees volledige hoofstuk 3 Johannes 1