Ou Testament

Nuwe Testament

2 Timoteus 2:5-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. ’n Atleet word nie gekroon as hy nie volgens die reëls deelneem nie.

6. Hardwerkende boere is die eerste wat die vrug van hulle arbeid geniet.

7. Dink na oor wat ek sê. Die Here sal jou help om al hierdie dinge beter te begryp.

8. Onthou voordurend dat Jesus Christus uit koning Dawid se nageslag gebore is en dat Hy uit die dood opgewek is. Dit is die Goeie Nuus wat ek verkondig.

9. En omdat ek hierdie Goeie Nuus verkondig, ly ek en is ek soos ’n misdadiger in kettings geslaan. Maar die woord van God kan nie vasgeketting word nie.

10. Ek is bereid om vir dié wat deur God gekies is, enigiets te verduur as dit vir hulle deur Christus Jesus verlossing en ewige heerlikheid sal bring.

11. Hierdie woord is absoluut waar:As ons saam met Hom sterf,sal ons ook saam met Hom lewe.

12. As ons verdrukking ly,sal ons saam met Hom regeer.As ons Hom ontken,sal Hy ons ook ontken.

13. Maar as ons ontrou is –Hy bly getrou,want Hy kan Homself nie ontken nie.

14. Herinner almal aan hierdie dinge, en vermaan hulle in God se Naam om op te hou met ’n bakleiery oor woorde. Sulke argumente is nutteloos en kan die mense ruïneer wat dit aanhoor.

Lees volledige hoofstuk 2 Timoteus 2