Ou Testament

Nuwe Testament

2 Timoteus 1:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Hierdie brief kom van Paulus, ’n apostel van Christus Jesus deur die wil van God, uitgestuur om ander te gaan vertel van die lewe wat Hy beloof het deur geloof in Christus Jesus.

2. Ek skryf aan Timoteus, my geliefde kind.Mag God ons Vader en Christus Jesus ons Here aan jou genade, ontferming en vrede gee.

3. Timoteus, ek dank God vir jou. Hy is die God wat ek met ’n skoon gewete dien, net soos my voorouers gedoen het. Ek onthou jou voortdurend, dag en nag, in my gebede.

4. Ek verlang om jou weer te sien, want ek onthou jou trane toe ons uitmekaar is. En ek sal vol vreugde wees as ons weer bymekaar is.

5. Ek dink terug aan jou opregte geloof. Eers het jou ouma Loïs en jou ma Eunice hierdie geloof gehad en – daarvan is ek seker – jy het dit ook.

6. Dit is waarom ek jou daaraan herinner om die geestelike gawe, wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos ’n vuur aan te blaas.

7. Want God het ons nie ’n gees van lafhartigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing.

Lees volledige hoofstuk 2 Timoteus 1